Uniting Central SA for #PinkTober 2024
Did you know that 1 in 27 women in South Africa will be diagnosed with breast cancer in their lifetime?
This October, OFM’s annual #PinkTober campaign returns to turn the airwaves pink with programming dedicated to raising awareness and support for those affected by breast cancer. Following the incredible success of last year’s campaign, we’re aiming to unite Central South Africa in raising R500 000 for the Cancer Association of South Africa (CANSA).
In 2023, CANSA used the funds donated by OFM’s listeners to reach more than 2,600 people in Central South Africa through talks, examinations, or treatment.
At OFM, we believe that knowledge is power, and we’re committed to empowering women with the information they need to lower their cancer risk, recognise early warning signs, and find support.
Each Thursday, OFM will turn our shows into a beacon of hope and information, offering encouragement to those living with breast cancer and sharing vital tips on prevention and support. We’ll also keep you updated on our #PinkTober fundraising drive, where listeners can contribute directly, whether individually or as businesses, to make a real difference.
Plus, in partnership with Round Table Southern Africa, we’re hosting corporate bowling evenings across the region. Join us in Vanderbijlpark (3 October), Klerksdorp (10 October), Bloemfontein (17 October), Bethlehem (24 October), and Vryburg (31 October) for a night of fun and fundraising. Teams of four can participate for a donation of R2 000, with all proceeds going to the local CANSA office.
We’re inviting everyone to join us in a sea of pink! Show your solidarity by dressing in pink every Thursday in October and sharing your photos on social media with #OFMPinkTober. Let’s flood the internet with positivity and support!
“Bowling4Boobies and the PinkTober Drive, was such a highlight on our events calendar last year, that we cannot wait to take this initiative to even more towns in CSA this year! It’s perfect as a team-building event for colleagues, friends, and family while making a difference. OFM encourages everybody who supported us last year, and those who want to join us this year, to book your teams and let’s take hands to raise even more funds,” says OFM Sales and Marketing Manager, Anchen Lintvelt.
According to OFM Brand Manager, Bianca Smit, “Pinktober is a campaign that honours those affected by breast cancer and aims to empower the Central South Africa community on how we, together, can make a positive impact, inspire hope, and raise crucial funds for CANSA”.
CANSA CEO, Elize Joubert, says, “The OFM Bowling4Boobies event and financial support will empower CANSA’s work and drive innovation in health and cancer control. OFM is a great partner in our fight against cancer and we cannot do it without the support of partners like OFM. Their support is the catalyst for change, helping us to leverage our unique expertise to accelerate progress toward universal health coverage to benefit cancer control.
Together, we can play a significant role in assisting South Africa to get as close as possible to reaching the non-communicable disease target of 3.4 for the 2030 Agenda for Sustainable Development, which states that by 2030, one-third of premature mortality from non-communicable diseases must be reduced through prevention and treatment, and the promotion of mental health and well-being”.
For full details on how to get involved, visit OFM’s events page on ofm.co.za or download our free mobile and desktop apps. Together, we can make a difference in the fight against breast cancer. Let’s paint Central South Africa pink this October!
For more information, email: marketing@ofm.co.za.
Why OFM
OFM, the Sound of Your Life, is Central South Africa’s premier commercial radio station, offering a mix of music, news, and entertainment. The station celebrates 38 years in the broadcasting industry this year. OFM is part of the Central Media Group, with its head office in Bloemfontein.
The station serves the affluent SEM 7-10 economically active marketplace with a broadcast footprint across the Free State, Northern Cape, southern Gauteng and North West. OFM is synonymous with the people of Central South Africa and includes a full spectrum of listeners, from urban working moms and dads to corporate professionals, as well as rural communities and agricultural producers.
The station has an incredibly loyal and supportive audience. OFM enjoys one of the highest occurrences of time spent listening to the radio in South Africa. This is achieved by the station’s great music offerings – such as playing listeners their favourite songs on the Request Network and counting down Central South Africa’s 30 biggest hits on the Central SA Top 30.
OFM offers several niche features – including a dedicated agricultural programme with three additional agricultural news updates a day, as well as a dedicated business programme.
Sport is close to OFM listeners’ hearts and is what brings much of Central South Africa together. The station is a proud partner, sponsor, and supporter of the Cheetahs, Griquas and Leopards rugby teams as well as the Knights, Heat and Dragons cricket teams. OFM is committed to living the real good life, while at the same time helping Central South Africans to live their best lives.
Sentraal-SA staan saam vir #PinkTober 2024
Het jy geweet dat 1 uit elke 27 vroue in Suid-Afrika in hul leeftyd met borskanker gediagnoseer sal word?
OFM verf weer hierdie Oktober die luggolwe pienk met ons jaarlikse #PinkTober-veldtog, gewy aan bewusmaking en ondersteuning vir diegene wat deur borskanker geraak word. Ná die ongelooflike sukses van verlede jaar se veldtog, hoop ons om Sentraal-Suid-Afrika te verenig deur R500 000 vir die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) in te samel.
In 2023, het KANSA die fondse wat deur OFM se luisteraars geskenk is, gebruik om meer as 2 600 mense in Sentraal Suid-Afrika te bereik deur praatjies, ondersoeke of behandeling.
By OFM glo ons dat kennis krag is, en ons is daartoe verbind om vroue te bemagtig met die inligting wat hulle nodig het om hul kankerrisiko te verlaag, vroeë waarskuwingstekens te herken en ondersteuning te vind.
Elke Donderdag sal OFM ons programme in ’n baken van hoop en inligting verander, wat hoop bied vir diegene wat met borskanker saamleef en ook belangrike inligting oor voorkoming en ondersteuning deel. Ons sal jou ook op hoogte hou van ons #PinkTober-fondsinsamelingsaksie, waar luisteraars direk kan bydra, hetsy individueel of as besighede, om ’n daadwerklike verskil te maak.
Boonop bied ons, in samewerking met Round Table Southern Africa, korporatiewe rolbalaande regoor die streek aan. Sluit by ons aan in Vanderbijlpark (3 Oktober), Klerksdorp (10 Oktober), Bloemfontein (17 Oktober), Bethlehem (24 Oktober), en Vryburg (31 Oktober) vir ’n aand van pret en fondsinsameling. Spanne van vier kan deelneem teen ’n skenking van R2 000, met alle opbrengste wat na die plaaslike KANSA-tak gaan.
Ons nooi almal om saam met ons in ’n see van pienk te verenig! Wys jou solidariteit deur elke Donderdag in Oktober pienk aan te trek en jou foto’s op sosiale media met #OFMPinkTober te deel. Kom ons verf die internet pienk met positiwiteit en ondersteuning!
“Bowling4Boobies en PinkTober was verlede jaar so ’n hoogtepunt op ons kalender dat ons nie kan wag om hierdie inisiatief vanjaar na selfs meer dorpe in Sentraal SA te neem nie! Dit is perfek as ’n spanbougeleentheid vir kollegas, vriende en familie, terwyl dit ’n verskil maak. OFM moedig almal aan wat ons verlede jaar ondersteun het, asook diegene wat vanjaar by ons wil aansluit, om julle spanne te bespreek. Kom ons vat hande om nog meer fondse in te samel,” sê Anchen Lintvelt, OFM Verkoops- en Bemarkingsbestuurder.
Volgens Bianca Smit, OFM-handelsmerkbestuurder, is “Pinktober ’n veldtog wat diegene wat deur borskanker geraak word, vereer en daarop gemik is om die Sentraal-Suid-Afrikaanse gemeenskap te bemagtig oor hoe ons saam ’n positiewe impak kan maak, hoop kan inspireer en belangrike fondse vir KANSA kan insamel”.
Elize Joubert, Kansa se uitvoerende hoof, sê: “Die OFM Bowling4Boobies-dag en finansiële ondersteuning sal KANSA se werk bemagtig en innovasie in gesondheid en kankerbeheer dryf. OFM is ’n goeie vennoot in ons stryd teen kanker en ons kan dit nie doen sonder die ondersteuning van vennote soos hulle nie. Hul ondersteuning is die katalisator vir verandering, wat ons help om ons unieke kundigheid te benut om vordering in universele gesondheidsdekking te versnel om kankerbeheer te bevoordeel. Saam kan ons ’n beduidende rol speel om Suid-Afrika te help om so na as moontlik aan die nie-oordraagbare siekte-teiken van 3.4 vir die 2030-agenda vir volhoubare ontwikkeling te kom, wat bepaal dat teen 2030 een derde van voortydige sterftes weens nie-oordraagbare siektes verminder moet word deur voorkoming en behandeling, en die bevordering van geestesgesondheid en welstand.”
Vir volledige besonderhede oor hoe om betrokke te raak, besoek OFM se ‘events’-blad op ofm.co.za of laai ons gratis mobiele en rekenaartoepassings af. Saam kan ons ’n verskil maak in die stryd teen borskanker. Kom ons verf Sentraal-Suid-Afrika pienk hierdie Oktober!
Vir meer inligting, e-pos: marketing@ofm.co.za.
Waarom OFM
OFM, die klank van jou lewe, is Sentraal-Suid-Afrika se voorste handelsradiostasie, wat ’n verskeidenheid musiek, nuus en vermaak bied. Die stasie vier vanjaar reeds 38 jaar in die uitsaaiwese. OFM is deel van die Central Media Group, met sy hoofkantoor in Bloemfontein.
Die stasie bedien die welvarende SEM 7-10 ekonomies-aktiewe mark met ’n uitsaaigebied wat die Vrystaat, Noord-Kaap, Suid-Gauteng en Noordwes insluit. OFM is sinoniem met die mense van Sentraal-Suid-Afrika, en sluit ’n volle spektrum van luisteraars in, van stedelike werkende ouers, tot korporatiewe professionele persone, sowel as landelike gemeenskappe en landbouprodusente.
Die stasie het ’n ongelooflike lojale en ondersteunende gehoor. OFM se luisteraars spandeer van die meeste tyd wat luisteraars in Suid-Afrika spandeer om radio te luister. Dit word bereik deur die stasie se gepaste musiekaanbiedinge – luisteraars kan hul gunstelingliedjies op die Request Network versoek en op Saterdae kan hulle inskakel om saam Sentraal-Suid-Afrika se 30 grootste treffers op die Central SA Top 30 af te tel.
OFM bied verskeie nisprogramme aan – insluitend ’n toegewyde landbouprogram met drie bykomende landbounuusopdaterings per dag, asook as ’n toegewyde sakeprogram.
Sport lê OFM-luisteraars na aan die hart en dit is wat baie Sentraal-Suid-Afrikaners bymekaar bring. Die stasie is ’n trotse vennoot, borg en ondersteuner van die Cheetahs-, Griekwas- en Luiperds-rugbyspanne, asook die Knights, Heat en Dragons krieketspanne. OFM is daartoe verbind om die waarlike goeie lewe te lei, en terselfdertyd Sentraal-Suid-Afrikaners te help om hul beste lewens te lei.