Best-of-Bloemfontein-2023

OFM TAKES IT ALL!

OFM can once again proudly say that it is the best local radio station in Bloemfontein! The winners of the 11th annual Best of Bloemfontein Readers’ Choice Awards, hosted by Bloemfontein Courant, were announced this week and OFM came up trumps.

The Good Morning Breakfast, which broadcasts weekdays from 06:00 to 09:00, was voted the Best Local Radio Show. The show is hosted by Shandor Potgieter, who also won the Best Local Radio Personality Award. His show co-host is Margaret Whitfield.

Potgieter says, “It is unbelievable to be part of such an unbelievable winning team, OFM, the Sound of Your Life, which wins Bloemfontein Courant’s Readers’ Choice Awards for Best Local Radio Station year after year, as well as the Good Morning Breakfast that won back the trophy for Best Local Radio Show. And, for me to be chosen as Best Local Radio Personality is a huge privilege and something that makes a major impact on my career.”

According to OFM’s Programme Manager, Tim Thabethe, “It is always an honour to be awarded the Best of Bloemfontein Readers’ Choice Awards. The acknowledgement shows that OFM’s presenters, programmes and the brand itself are hitting the mark with regard to entertaining and engaging our listeners. This is a heartfelt thank you to everyone who values OFM.”

OFM’s Sales and Marketing Manager, Anchen Lintveldt, says, “It is such a privilege to be voted as best local radio station! We take pride in what we do and will continue to do so to bring our listeners and advertisers the best radio station that they deserve.”

Bloemfontein Courant launched the Best of Bloemfontein competition in 2013. Readers can vote in more than 70 categories, which cover a wide range of industries. All the winners can be viewed at bestofbloemfontein.co.za.

For more info, contact marketing@ofm.co.za.

Why OFM

OFM, the Sound of Your Life, is Central South Africa’s premier commercial radio station, offering a mix of music, news, and entertainment. The station celebrates 37 years in the broadcasting industry this year. OFM is part of the Central Media Group, with its head office in Bloemfontein.

The station serves the affluent SEM 7-10 economically active marketplace with a broadcast footprint across the Free State, Northern Cape, southern Gauteng and North West. OFM is synonymous with the people of Central South Africa, and includes a full spectrum of listeners, from urban working moms and dads to corporate professionals, as well as rural communities and agricultural producers.

The station has an incredibly loyal and supportive audience. OFM enjoys one of the highest occurrences of time spent listening to the radio in South Africa. This is achieved by the station’s great music offerings – such as playing listeners their favourite songs on the Request Network and counting down Central South Africa’s 30 biggest hits on the Central SA Top 30.

OFM WEN WEER!

OFM kan weereens met trots sê dat hulle die beste plaaslike radiostasie in Bloemfontein is! Die wenners van die 11de jaarlikse Best of Bloemfontein Readers’ Choice Awards, aangebied deur Bloemfontein Courant, is vandeesweek aangekondig en OFM het met die louere weggestap.

Die Good Morning Breakfast, wat weeksdae van 06:00 tot 09:00 uitgesaai word, is aangewys as die beste plaaslike radioprogram. Die program word aangebied deur Shandor Potgieter, wat ook die toekenning vir Beste Plaaslike Radiopersoonlikheid verower het. Sy mede-aanbieder is Margaret Whitfield.

Potgieter sê, “Dit is ongelooflik om deel te wees van so ‘n ongelooflike wenspan, OFM, die Klank van Jou Lewe, wat jaar na jaar Bloemfontein Courant se Readers’ Choice Awards vir Beste Plaaslike Radiostasie wen, asook die Good Morning Breakfast wat die trofee vir Beste Plaaslike Radioprogram teruggewen het. En vir my om as Beste Plaaslike Radiopersoonlikheid gekies te word, is ’n groot voorreg en iets wat ’n groot impak op my loopbaan sal maak.”

Volgens OFM se programbestuurder, Tim Thabethe, “Dit is altyd ‘n eer om as die beste gekroon te word. Die erkenning wys dat OFM se aanbieders, programme en die handelsmerk in die kol is met betrekking tot vermaak en die betrokkenheid van ons luisteraars. ‘n Hartlike dank aan almal wat OFM waardeer.”

OFM se verkoops- en bemarkingsbestuurder, Anchen Lintveldt, sê: “Dit is so ‘n voorreg om as beste plaaslike radiostasie aangewys te word! Ons is trots op wat ons doen en sal voortgaan om dit te doen om ons luisteraars en adverteerders die beste radiostasie te gee wat hulle verdien.”

Bloemfontein Courant het die Beste van Bloemfontein-kompetisie in 2013 van staple gestuur. Lesers kan in meer as 70 kategorieë stem, wat ‘n wye verskeidenheid bedrywe insluit. Al die wenners kan by bestofbloemfontein.co.za besigtig word.

Vir meer inligting, kontak marketing@ofm.co.za.

Waarom OFM

OFM, die klank van jou lewe, is Sentraal-Suid-Afrika se voorste handelsradiostasie, wat ’n verskeidenheid musiek, nuus en vermaak bied. Die stasie vier vanjaar reeds 37 in die uitsaaiwese. OFM is deel van die Central Media Group, met sy hoofkantoor in Bloemfontein.

Die stasie bedien die welvarende SEM 7-10 ekonomies aktiewe mark met ’n uitsaaigebied wat die Vrystaat, Noord-Kaap, Suid-Gauteng en Noordwes insluit. OFM is sinoniem met die mense van Sentraal Suid-Afrika, en sluit ’n volle spektrum van luisteraars in, van stedelike werkende ouers, tot korporatiewe professionele persone, sowel as landelike gemeenskappe en landbouprodusente.

Die stasie het ’n ongelooflike lojale en ondersteunende gehoor. OFM se luisteraars spandeer van die meeste tyd wat luisteraars in Suid-Afrika spandeer om radio te luister. Dit word bereik deur die stasie se gepaste musiekaanbiedinge – luisteraars kan hul gunstelingliedjies op die Request Network versoek en op Saterdae kan hulle inskakel om saam Sentraal-Suid-Afrika se 30 grootste treffers op die Central SA Top 30 af te tel.

OFM bied verskeie nisprogramme aan – insluitend ’n toegewyde landbouprogram met drie bykomende landbounuusopdaterings per dag, sowel as ’n toegewyde besigheidsprogram met twee bykomende ekonomiese nuusopdaterings deur die loop van die dag.

Sport lê OFM-luisteraars na aan die hart en dit is wat baie Sentraal-Suid-Afrikaners bymekaar bring. Die stasie is ’n trotse vennoot, borg en ondersteuner van die Cheetahs-, Griekwas- en Luiperds-rugbyspanne, asook die Knights, Heat en Dragons krieketspanne. OFM is daartoe verbind om die regte goeie lewe te lei, en terselfdertyd Sentraal-Suid-Afrikaners te help om hul beste lewens te lei.

You may also like