OFM introduces new At Lunch presenter
From Monday 3 October 2022, lunchtime on OFM will sound a little different… That’s because Pulane Nel-Sekepe, previously known to OFM audiences as a presenter on The Real Good Weekend on OFM on Saturday afternoons, steps into the role of At Lunch presenter from 12:00 to 15:00, Mondays to Fridays.
Current At Lunch presenter, Cyril Viljoen, moves OFM Stasie2, OFM’s all-Afrikaans streaming music station.
With the new voice comes some changes to the programme, such as ‘Motivation Mondays’, ‘Boereraat Tuesdays’ and ‘Frivolous Fridays’.
OFM programme manager Tim Thabethe says: “Pulane relocated to Bethlehem a year ago and fell in love with Central South Africa. While she continues her television career, it’s a privilege to feature Pulane on At Lunch on OFM with VKB. This will be a fun and exciting programme, complemented by a bubbly personality, with much to look forward to.”
According to Nel-Sekepe: “I’m incredibly excited for the wonderful opportunity OFM has given me. I cannot wait to hang out with Central South Africa every afternoon! I moved from Pretoria to Bethlehem, and from Bethlehem to Bloemfontein, and I must say, since I have been in Central South Africa, it feels like it has been my home all along.”
The actress, singer, voice artist and television presenter rose to fame co-presenting the SABC3 Afrikaans-language lifestyle and magazine programme NAweek.
She was born in the Eastern Cape in 1991 in a town called Magwigi. From primary school through high school, Nel-Sekepe performed in every drama production there was. She also took flute, piano and singing lessons.
In 2012, she booked her first show at The National Children’s Theatre in the production Goggas.
Nel-Sekepe has also starred in SABC 1, 2 and 3 television series like Generations, High Rollers and the sitcom Die Vlieënde Springbokkie. In 2018, she had a starring role as sarcastic domestic worker Cecilia in the kykNET sitcom Die Kasteel. She’s also moved on to a part-time guest role on the channel as Sersant Molefe in Binnelanders.
Most recently, she hosted Geldhelde on Via and you can currently catch her on eTV alongside Bobby van Jaarsveld as the co-presenter of SA’s no. 1 Afrikaans singing competition, Die Kontrak.
For further information, contact marketing@ofm.co.za.
Why OFM
OFM, the Sound of Your Life, is Central South Africa’s premier commercial radio station, offering a mix of music, news, and entertainment. The station celebrated 35 years in the broadcasting industry in 2021. OFM is part of the Central Media Group, with its head office in Bloemfontein, and a satellite studio in Welkom.
The station serves the affluent SEM 7-10 economically active marketplace with a broadcast footprint across the Free State, Northern Cape, southern Gauteng and North West. OFM is synonymous with the people of Central South Africa, and includes a full spectrum of listeners, from urban working moms and dads to corporate professionals, as well as rural communities and agricultural producers.
The station has an incredibly loyal and supportive audience. OFM enjoys one of the highest occurrences of time spent listening to the radio in South Africa. This is achieved by the station’s great music offerings – such as playing listeners their favourite songs on the Request Network and counting down Central South Africa’s 30 biggest hits on the Central SA Top 30.
OFM offers several niche features – including a dedicated agricultural programme with three additional agricultural news updates a day, as well as a dedicated business programme with two additional economic news updates throughout the day.
Sport is close to OFM listeners’ hearts and is what brings much of Central South Africa together. The station is a proud partner, sponsor, and supporter of the Cheetahs, Griquas and Leopards rugby teams as well as the Knights, Heat and Dragons cricket teams. OFM is committed to living the real good life, while at the same time helping Central South Africans to live their best lives.
OFM stel nuwe At Lunch-aanbieder bekend
Vanaf Maandag 3 Oktober 2022, sal die middagete-program op OFM effens anders klink… Pulane Nel-Sekepe, wat voorheen Saterdagmiddae ‘n aanbieder van The Real Good Weekend op OFM was, skuif agter die mikrofoon in en vervang Cyril Viljoen, wat na OFM Stasie2, OFM se 100%-Afrikaanse musiekstroom, skuif.
As die At Lunch-aanbieder, sal Nel-Sekepe van 12:00 tot 15:00, Maandae tot Vrydae, gehoor kan word. Met die nuwe stem kom daar ook ‘n paar veranderinge, soos ‘Motivering Maandae’, ‘Boereraat Dinsdae’ en ‘Frivolous Fridays’.
OFM se programbestuurder, Tim Thabethe, sê: “Pulane het ‘n jaar gelede na Bethlehem verhuis en verlief geraak op Sentraal Suid-Afrika. Terwyl sy haar TV-loopbaan voortsit, is dit ‘n voorreg om Pulane saam met VKB op At Lunch op OFM te hê. Hierdie gaan ’n prettige en opwindende program wees, aangevul deur ’n borrelende persoonlikheid, en met baie om na uit te sien”.
Pulane sê sy is “ongelooflik opgewonde oor die wonderlike geleentheid wat OFM my gegee het. Ek kan nie wag om elke middag saam met Sentraal Suid-Afrika te kuier nie! Ek het van Pretoria na Bethlehem verhuis en toe van Bethlehem na Bloemfontein, en ek moet sê, vandat ek in Sentraal-Suid-Afrika is, voel dit asof dit altyd my tuiste was.”
Die aktrise, sangeres, stemkunstenaar en televisie-aanbieder het bekendheid verwerf deur SABC3 se Afrikaanstalige leefstyl- en tydskrifprogram NAweek aan te bied.
Sy is in 1991 in die Oos-Kaap gebore in ‘n dorp genaamd Magwigi. Van laerskool af, deur haar hoërskooljare, het Nel-Sekepe in elke dramaproduksie wat daar was, opgetree. Sy het ook fluit-, klavier- en sanglesse geneem.
Tydens haar hoërskooljare het sy by Die Aardklopfees opgetree waar sy verskeie toekennings verower het, waaronder Beste Aktrise in die ATKV nasionale jeugkompetisie.
In 2012, het sy haar eerste vertoning by The National Children’s Theatre in die produksie Goggas behaal.
Nel-Sekepe het ook in SABC 1, 2 en 3 televisiereekse soos Generations, High Rollers en die sitcom Die Vlieënde Springbokkie gespeel. In 2018 het sy ’n hoofrol as die sarkastiese huishulp Cecilia in die kykNET-sitkom Die Kasteel gehad. Sy het ook ‘n deeltydse gasrol op die kanaal as Sersant Molefe in Binnelanders vertolk.
Mees onlangs het sy Geldhelde op Via aangebied en jy kan haar tans op eTV sien saam met Bobby van Jaarsveld, as die mede-aanbieder van SA se nr. 1 Afrikaanse sangkompetisie, Die Kontrak.
Vir verdere inligting, kontak marketing@ofm.co.za
Waarom OFM
OFM, die klank van jou lewe, is Sentraal-Suid-Afrika se voorste kommersiële radiostasie, wat ’n verskeidenheid musiek, nuus en vermaak bied. Die stasie het in 2021, 35 jaar in die uitsaaiwese gevier. OFM is deel van die Central Media Group, met sy hoofkantoor in Bloemfontein, en ‘n satellietateljee in Welkom.
Die stasie bedien die welvarende SEM 7-10 ekonomies aktiewe mark met ‘n uitsaaigebied wat die Vrystaat, Noord-Kaap, Suid-Gauteng en Noordwes insluit. OFM is sinoniem met die mense van Sentraal Suid-Afrika, en sluit ‘n volle spektrum van luisteraars in, van stedelike werkende ouers, tot korporatiewe professionele persone, sowel as landelike gemeenskappe en landbouprodusente.
Die stasie het ‘n ongelooflike lojale en ondersteunende gehoor. OFM se luisteraars spandeer van die meeste tyd wat luisteraars in Suid-Afrika spandeer om radio te luister. Dit word bereik deur die stasie se gepaste musiekaanbiedinge – luisteraars kan hul gunstelingliedjies op die Request Network versoek en op Saterdae kan hulle inskakel om saam Sentraal-Suid-Afrika se 30 grootste treffers op die Central SA Top 30 af te tel.
OFM bied verskeie nisprogramme aan – insluitend ‘n toegewyde landbouprogram met drie bykomende landbounuusopdaterings per dag, sowel as ‘n toegewyde besigheidsprogram met twee bykomende ekonomiese nuusopdaterings deur die loop van die dag.
Sport lê OFM-luisteraars na aan die hart en dit is wat baie Sentraal-Suid-Afrikaners bymekaar bring. Die stasie is ‘n trotse vennoot, borg en ondersteuner van die Cheetahs-, Griekwas- en Luiperds-rugbyspanne, asook die Knights, Heat en Dragons krieketspanne. OFM is daartoe verbind om die regte goeie lewe te lei, en terselfdertyd Sentraal-Suid-Afrikaners te help om hul beste lewens te lei.