O-dition Winner Announced!
On Wednesday 8 March 2023, the 25-year-old Michael Ndabandaba from Klerksdorp was announced on the Good Morning Breakfast as the grand prize winner of the OFM O-dition presenter search.
He was a favourite with OFM’s judges as well as the audience after he showcased his presenting talents alongside Pulane Nel-Sekepe on At Lunch on the afternoon of Friday 3 March.
“Yes, oh my goodness, it’s insane! From the start of the O-dition until now, it’s been the craziest week; everyone representing and supporting me. I reconnected with old teachers and friends. Everyone was just as surprised. I can’t even describe how I feel, wow,” an elated Ndabandaba exclaimed on air shortly after he was announced as the winner.
He wins the grand prize worth R50 000, which includes R10 000 cash, a laptop, a media practitioner broadcast kit, a three-month presenter contract and mentorship from OFM’s current presenters.
Earlier on Good Morning Breakfast, Ndabandaba, who works in retail and has no previous radio experience other than working on audio production to fulfil his passion for music, indicated that this would definitely be a life-changing opportunity for him.
“This is a fantastic outcome for the OFM O-dition. Michael Ndabandaba from Klerksdorp in North West will join the OFM team’s ranks through the mentorship programme to emerge as an aspiring broadcaster. The top five finalists were tough to beat but the voting process revealed a winner and we wish Michael the best with this career-changing opportunity and look forward to seeing what he is capable of during his internship,” says Tim Thabethe, OFM Programme Manager.
Five finalists were selected during the final phase of the O-dition competition. Ndabandaba was joined by Anny Bruyns (37) and Tatum Williams (30), both from Bloemfontein, Janrie de Lange (27) from Welkom, and Cavall Burgess (44) from Kimberley.
During the O-dition competition, OFM’s panel of judges travelled 2 840 kilometres to eight cities in four provinces and listened to more than 400 entrants’ voices.
Ndabandaba will join the OFM on-air team at a date yet to be announced. Keep tuned to The Sound of Your Life and follow our social media pages for updates.
For more info, contact marketing@ofm.co.za.
Why OFM
OFM, the Sound of Your Life, is Central South Africa’s premier commercial radio station, offering a mix of music, news, and entertainment. The station celebrated 35 years in the broadcasting industry in 2021. OFM is part of the Central Media Group, with its head office in Bloemfontein, and a satellite studio in Welkom.
The station serves the affluent SEM 7-10 economically active marketplace with a broadcast footprint across the Free State, Northern Cape, southern Gauteng and North West. OFM is synonymous with the people of Central South Africa, and includes a full spectrum of listeners, from urban working moms and dads to corporate professionals, as well as rural communities and agricultural producers.
The station has an incredibly loyal and supportive audience. OFM enjoys one of the highest occurrences of time spent listening to the radio in South Africa. This is achieved by the station’s great music offerings – such as playing listeners their favourite songs on the Request Network and counting down Central South Africa’s 30 biggest hits on the Central SA Top 30.
OFM offers several niche features – including a dedicated agricultural programme with three additional agricultural news updates a day, as well as a dedicated business programme with two additional economic news updates throughout the day.
Sport is close to OFM listeners’ hearts and is what brings much of Central South Africa together. The station is a proud partner, sponsor, and supporter of the Cheetahs, Griquas and Leopards rugby teams as well as the Knights, Heat and Dragons cricket teams. OFM is committed to living the real good life, while at the same time helping Central South Africans to live their best lives.
O-disie wenner aangekondig!
Op Woensdag 8 Maart 2023, is die 25-jarige Michael Ndabandaba van Klerksdorp op die Good Morning Breakfast aangekondig as die algehele wenner van die OFM O-disie aanbiedersoektog.
Hy was ‘n gunsteling by OFM se beoordelaars, asook die luisteraars, nadat hy Vrydagmiddag 3 Maart sy aanbiederstalente saam met Pulane Nel-Sekepe op At Lunch ten toon gestel het.
“’Yes, oh my goodness!’ Hierdie is letterlik ‘insane’. Van die begin van die O-disie tot nou toe was dit die malste week, almal wat my verteenwoordig en ondersteun het. Ek het met ou onderwysers en vriende ‘reconnect’. Almal was net so verbaas. Ek kan nie eens beskryf hoe ek voel nie, sjoe!” het ‘n opgewonde Ndabandaba op die lug vertel kort nadat hy as wenner aangewys is.
Hy wen die groot prys ter waarde van R50 000, wat die volgende insluit: R10 000 kontant, ‘n skootrekenaar, ‘n mediapraktisyn-uitsaaistel, ‘n drie maande lange aanbiederkontrak en mentorskap van OFM se huidige aanbieders.
Vroeër op Good Morning Breakfast het Ndabandaba, wat in die kleinhandel werk en geen vorige radio-ervaring het behalwe om aan klankproduksie te werk om sy passie vir musiek te verwesenlik nie, aangedui dat hierdie beslis ‘n lewensveranderende geleentheid vir hom sal wees.
“Dit is ‘n fantastiese uitkoms vir die OFM O-disie. Michael Ndabandaba van Klerksdorp in Noordwes sal nou by die mentorskapprogram van die OFM-span aansluit om as ‘n aspirant-aanbieder na vore te tree. Die top vyf finaliste was moeilik om te klop, maar die stemproses het ‘n wenner na vore gebring. Ons wens Michael die beste toe met hierdie loopbaanveranderende geleentheid en sien uit daarna om te sien waartoe hy in staat is tydens sy internskap,” sê Tim Thabethe, OFM-programbestuurder.
Vyf finaliste is tydens die finale fase van die O-disie-kompetisie gekies. Ndabandaba is saam met Anny Bruyns (37) en Tatum Williams (30), albei van Bloemfontein, Janrie de Lange (27) van Welkom en Cavall Burgess (44) van Kimberley aangewys.
Tydens die O-disie het OFM se paneel beoordelaars 2 840 kilometer na agt stede in vier provinsies gereis en na meer as 400 deelnemers se stemme geluister.
Ndabandaba sal by die OFM-span aansluit op ‘n datum wat nog aangekondig sal word. Bly ingeskakel op Die Klank van Jou Lewe en volg ons sosiale media-platforms vir opdaterings.
Vir meer inligting, kontak marketing@ofm.co.za.
Waarom OFM
OFM, die klank van jou lewe, is Sentraal-Suid-Afrika se voorste kommersiële radiostasie, wat ’n verskeidenheid musiek, nuus en vermaak bied. Die stasie het in 2021, 35 jaar in die uitsaaiwese gevier. OFM is deel van die Central Media Group, met sy hoofkantoor in Bloemfontein, en ‘n satellietateljee in Welkom.
Die stasie bedien die welvarende SEM 7-10 ekonomies aktiewe mark met ‘n uitsaaigebied wat die Vrystaat, Noord-Kaap, Suid-Gauteng en Noordwes insluit. OFM is sinoniem met die mense van Sentraal Suid-Afrika, en sluit ‘n volle spektrum van luisteraars in, van stedelike werkende ouers, tot korporatiewe professionele persone, sowel as landelike gemeenskappe en landbouprodusente.
Die stasie het ‘n ongelooflike lojale en ondersteunende gehoor. OFM se luisteraars spandeer van die meeste tyd wat luisteraars in Suid-Afrika spandeer om radio te luister. Dit word bereik deur die stasie se gepaste musiekaanbiedinge – luisteraars kan hul gunstelingliedjies op die Request Network versoek en op Saterdae kan hulle inskakel om saam Sentraal-Suid-Afrika se 30 grootste treffers op die Central SA Top 30 af te tel.
OFM bied verskeie nisprogramme aan – insluitend ‘n toegewyde landbouprogram met drie bykomende landbounuusopdaterings per dag, sowel as ‘n toegewyde besigheidsprogram met twee bykomende ekonomiese nuusopdaterings deur die loop van die dag.
Sport lê OFM-luisteraars na aan die hart en dit is wat baie Sentraal-Suid-Afrikaners bymekaar bring. Die stasie is ‘n trotse vennoot, borg en ondersteuner van die Cheetahs-, Griekwas- en Luiperds-rugbyspanne, asook die Knights, Heat en Dragons krieketspanne. OFM is daartoe verbind om die regte goeie lewe te lei, en terselfdertyd Sentraal-Suid-Afrikaners te help om hul beste lewens te lei