‘Fairy-tale destination’ lucky for #RealGoodTravelBook winner
As part of OFM’s goal of turning 2022 into #Twenty20You, another lucky listener was rewarded with a significant prize.
OFM’s Real Good Travel Book competition with Hinterland and Hinterland Fuels formally ended on 30 March 2022 with the awarding of the grand prize of R15 000 to the winner.
The OFM team surprised 33-year-old Mari le Roux from Hartbeesfontein in the North West at her workplace in Klerksdorp with a huge cheque.
She won the prize in the lucky draw after sharing one of her favourite Central South African travel experiences online to enter the Competition.
“We try to explore South Africa rather than travel abroad. My entry was about ‘De KrantzHuis’ in Niewoudtville in the Northern Cape. It’s an amazing place. It is a house built on a cliff. I think it’s the only place in South Africa where you feel like you’re waking up on clouds. And the sunset is incredible,” Le Roux said shortly after she was announced as winner.
She further says that the “pocket money” will come in handy when she and her loved one departs on their next travel adventure in two weeks.
Derik Wolmarans, managing director of Hinterland Fuels, and the sponsor of the competition, also attended the prize giving.
“It is important for us to get involved because our customers are here in Central South Africa. And it’s always nice to give back. We can’t actually believe that the winner came from Klerksdorp. It was a big surprise for us! ”
During the campaign, ten lucky listeners were also each rewarded with R1000 Hinterland vouchers simply for signing up.
The Real Good Travel Book, a summary of must-do travel experiences in the Free State, Northern Cape, North West and Vaal Triangle will soon be available digitally for free download.
Copies of the book will also be sent to each entrant whose contribution has been placed in the book and copies will also be made available as giveaway items on OFM.
Stay tuned to OFM for more chances to win big – there is still a chance to enter the #OFMFanWall competition where R20 000 cash is up for grabs for one lucky winner!
For more information, contact: marketing@ofm.co.za.
Why OFM
OFM, the Sound of Your Life, is Central South Africa’s premier commercial radio station, offering a mix of music, news and entertainment. The station celebrated 35 years in the broadcasting industry in 2021. OFM is part of the Central Media Group, with its head office in Bloemfontein, and a satellite studio in Welkom.
The station serves the affluent SEM 7-10 economically active marketplace with a broadcast footprint across the Free State, Northern Cape, southern Gauteng and North West. OFM is synonymous with the people of Central South Africa, and includes a full spectrum of listeners, from urban working moms and dads to corporate professionals, as well as rural communities and agricultural producers.
The station has an incredibly loyal and supportive audience. OFM enjoys one of the highest occurrences of time spent listening to the radio in South Africa. This is achieved by the station’s great music offerings – such as playing listeners their favourite songs on the Request Network and counting down Central South Africa’s 30 biggest hits on the Central SA Top 30.
OFM offers several niche features – including a dedicated agricultural programme with three additional agricultural news updates a day, as well as a dedicated business programme with two additional economic news updates throughout the day.
Sport is close to OFM listeners’ hearts and is what brings much of Central South Africa together. The station is a proud partner, sponsor and supporter of the Cheetahs, Griquas and Leopards rugby teams as well as the Knights, Northern Cape Heat and North West Dragons cricket teams. OFM is committed to living the real good life, while at the same time helping Central South Africans to live their best lives.
AFRIKAANS
‘Sprokiesbestemming’ bring geluk aan #RealGoodTravelBook-wenner
As deel van OFM se doelwit om 2022 in #Twenty20You te verander, is nog ‘n gelukkige luisteraar met ‘n beduidende prys beloon.
OFM se Real Good Travel Book-kompetisie met Hinterland en Hinterland Fuels het op 30 Maart 2022 formeel ten einde geloop met die oorhandiging van die grootprys van R15 000 aan die wenner.
Die OFM-span het die 33-jarige Mari le Roux van Hartbeesfontein in Noordwes by haar werk in Klerksdorp verras met ‘n reuse tjek.
Sy’t die prys losgeslaan in die gelukstrekking nadat sy een van haar gunsteling Sentraal Suid-Afrikaanse reiservarings aanlyn gedeel het om in te skryf vir die kompetisie.
“Ons probeer nogal Suid-Afrika verken eerder as om na die buiteland te reis. My inskrywing was oor ‘De KrantzHuis’ in Niewoudtville in die Noord-Kaap. Dit is ‘n ‘amazing’ plekkie. Dis ‘n huis wat op ‘n krans gebou is. Ek dink dis die enigste plek in Suid-Afrika waar ‘n mens voel jy word op wolke wakker. En die sonsondergang is ongelooflik,” vertel Le Roux kort nadat sy as wenner aangekondig is.
Sy voeg by die “sakgeld” sal handig te pas kom wanneer sy en haar geliefde oor twee weke op hul volgende reis avontuur vertrek.
Derik Wolmarans, besturende direkteur van Hinterland Fuels, en die borg van die kompetisie, het ook die prysoorhandiging bygewoon.
“Vir ons is dit belangrik om betrokke te raak omdat ons klante hier in Sentraal Suid-Afrika is. En dis altyd lekker om terug te ploeg. Ons is eintlik verbaas dat die wenner uit Klerksdorp uit kom. Dit was vir ons ‘n groot verrassing!”
Gedurende die veldtog is tien gelukkige luisteraars ook elk met R1000 Hinterland-koopbewyse beloon, bloot omdat hulle ingeskryf het.
The Real Good Travel Book, ‘n samevatting van moet-doen reis-ervarings in die Vrystaat, Noord-Kaap, Noordwes en Vaaldriehoek sal eerdaags digitaal beskikbaar wees om gratis af te laai.
Eksemplare van die boek sal ook aan elke inskrywer, wie se bydrae in die boek geplaas is, gestuur word en ook beskikbaar gestel word as uitdeelpryse op OFM.
Bly ingeskakel op OFM vir nog kanse om groot te wen – daar is nog kans om in te skryf vir die #OFMFanWall-kompetisie waar R20 000 kontant op die spel is vir een gelukkige wenner!
Vir meer inligting, kontak: marketing@ofm.co.za
Waarom OFM
OFM, die klank van jou lewe, is Sentraal-Suid-Afrika se voorste kommersiële radiostasie, wat ’n verskeidenheid musiek, nuus en vermaak bied. Die stasie het in 2021, 35 jaar in die uitsaaiwese gevier. OFM is deel van die Central Media Group, met sy hoofkantoor in Bloemfontein, en ‘n satellietateljee in Welkom.
Die stasie bedien die welvarende SEM 7-10 ekonomies aktiewe mark met ‘n uitsaaigebied wat die Vrystaat, Noord-Kaap, Suid-Gauteng en Noordwes insluit. OFM is sinoniem met die mense van Sentraal Suid-Afrika, en sluit ‘n volle spektrum van luisteraars in, van stedelike werkende ouers, tot korporatiewe professionele persone, sowel as landelike gemeenskappe en landbouprodusente.
Die stasie het ‘n ongelooflike lojale en ondersteunende gehoor. OFM geniet een van die hoogste voorkoms van tyd wat spandeer word om na die radio te luister in Suid-Afrika. Dit word bereik deur die stasie se gepaste musiekaanbiedinge –luisteraars kan hul gunstelingliedjies op die Request Network versoek en op Saterdae kan hulle inskakel om saam Sentraal-Suid-Afrika se 30 grootste treffers op die Central SA Top 30 af te tel.
OFM bied verskeie niskenmerke – insluitend ‘n toegewyde landbouprogram met drie bykomende landbounuusopdaterings per dag, sowel as ‘n toegewyde besigheidsprogram met twee bykomende ekonomiese nuusopdaterings deur die loop van die dag.
Sport lê OFM-luisteraars na aan die hart en dit is wat baie Sentraal-Suid-Afrikaner bymekaar bring. Die stasie is ‘n trotse vennoot, borg en ondersteuner van die Cheetahs, Griekwas en Luiperds rugbyspanne. OFM is daartoe verbind om die regte goeie lewe te lei, en terselfdertyd Sentraal-Suid-Afrikaners te help om hul beste lewens te lei.