OFM is trots om aan te kondig dat hy terugkeer as die amptelike mediavennoot van Graan SA se NAMPO Oesdag vir 2023.
Afrika se grootste landbouskou vind van Dinsdag 16 tot Vrydag 19 Mei 2023 by NAMPO Park, net buite Bothaville, plaas.
In 2022 was hierdie geleentheid ‘n reuse sukses. NAMPO het gespog met 73 000 besoekers, 800 uitstallers – waarvan 150 nuut was – en 925 besoekers het deur die lugruim inbeweeg – dit het 335 vliegtuie en 70 helikopters ingesluit!
Read More›