OFM-Die_Groot-Vet-Kombers-Proe-Jek

“Groot Vet Kombers Proe-kjek” rises to occasion – R450k in Charity!

This winter, Central South Africa feasted with a goal on Thursdays as OFM and Round Table Southern Africa joined forces to fight the freeze – with vetkoek!

Die Groot Vet Kombers Proe-jek challenged listeners to support a wide range of charities. OFM visited towns and cities in their broadcast region, where vetkoek with Beefmaster mince was sold at R35 each, but listeners were encouraged to make larger donations to charities in their region. In some cases, donations up to R10 000 were received!

Every Vetkoek Thursday, The Joyride team broadcast their show live from the charity drive to update the rest of Central South Africa on the project.

Purchases were made using a secure drive-through system, in line with Covid-19 regulations.

The project began on Thursday, 10 June, in Vryburg at Mams Megastop, where R68 522 was raised for Adrian Losper Soup Kitchen and Rusoord Old Age Home, in association with Round Table 72 Vryburg.

July 17 was Potchefstroom’s turn. Eastvaal Toyota hosted the team and R126 856 was raised for the Potchefstroom Dienssentrum vir Bejaardes, in association with Round Table 49 Potchefstroom.

On 24 June, vetkoek was sold at AgriMark Upington. R107 555 was raised for Leer & Leef Community Project, in association with Round Table 79 Upington.

Finally, on 1 July, OFM was at Empire Square SUPERSPAR, where R147 067 was collected for Engo’s Welriedal Boys and Girls Home, Merafong Children’s Home and Welkom Youth Care Centre, in association with Round Table 40 Welkom.

OFM and Round Table Southern Africa raised a total of R450 000 for charity!

According to Lindiwe Mtwentula, OFM Marketing Manager, “We as OFM are very proud to have been able to assist those in need this winter with this project. Our goal is to uplift the communities we broadcast to – in everything we do. This project showed immense love from our listeners and stakeholders and coming together to give back. Thank you.”

For more info, please contact Lindiwe Mtwentula on 051 5050 900, 082 416 1665, or lindiwe@ofm.co.za.

Why OFM
OFM, the Sound of Your Life, is Central South Africa’s premier commercial radio station, offering a mix of music, news and entertainment. The station celebrates 35 years in the business in 2021. OFM is part of the Central Media Group, with its head office in Bloemfontein, and a satellite studio in Welkom.

The station serves the affluent SEM 7-10 economically active marketplace with a broadcast footprint across the Free State, Northern Cape, southern Gauteng and North West. OFM is synonymous with the people of Central South Africa, and includes a full spectrum of listeners, from urban working moms and dads to corporate professionals, as well as rural communities and agricultural producers.

The station has an incredibly loyal and supportive audience. OFM enjoys one of the highest occurrences of time spent listening to the radio in South Africa. This is achieved by the station’s great music offerings – such as playing listeners their favourite songs on the Request Network and counting down Central South Africa’s 30 biggest hits on the Central SA Top 30.

OFM offers several niche features – including a dedicated agricultural programme with three additional agricultural news updates a day, as well as a dedicated business programme with four additional economic news updates throughout the day.

Sport is close to OFM listeners’ hearts and is what brings much of Central South Africa together. The station is a proud partner, sponsor and supporter of the Cheetahs, Griquas and Leopards rugby teams. OFM is committed to living the real good life, while at the same time helping Central South Africans to live their best lives. Initiatives such as Let’s Move – a race that focuses on breaking the stigma of mental health – and Chip for Charity – Central South Africa’s most loved golf day for 18 years – make a difference in the lives of the station’s community. This speaks to OFM’s mantra of caring, and changing lives.

 

Kombers Proe-jek lewer groot, vet tjek – R450k vir liefdadigheid!
Hierdié winter het Sentraal Suid-Afrika op Donderdae gesmul met ‘n doel. OFM en Round Table Southern Africa het kragte saamgespan om die vries te beveg – met vetkoek!

Die Groot Vet Kombers Proe-jek het luisteraars uitgedaag om ‘n goeie doel te ondersteun. OFM het dorpe en stede in hulle uitsaaistreek besoek, waar vetkoeke met Beefmaster maalvleis teen R35 per vetkoek verkoop is. Luisteraars is ook aangemoedig om groter donasies te maak vir liefdadigheidsorganisasies in hulle streek. In sommige gevalle is donasies van tot R10 000 ontvang.

Die Joyride span het elke Vetkoek Donderdag hulle program regstreeks vanaf die liefdadigheidsrit uitgesaai om die res van Sentraal Suid-Afrika oor die projek ingelig te hou.

Aankope het geskied deur middel van ‘n veilige deurrystelsel, in lyn met Covid-19-regulasies.

Die projek het op Donderdag, 10 Junie, in Vryburg by Mams Megastop begin. R68 522 is ingesamel vir Adrian Losper Sopkombuis en Rusoord Ouetehuis, in samewerking met Round Table 72 Vryburg.

Potchefstroom het op 17 Julie aan die beurt gekom. Eastvaal Toyota was die gasheer vir die span en R126 856 is ingesamel vir Potchefstroom Dienssentrum vir Bejaardes, in samewerking met die Round Table 49 Potchefstroom.

Op 24 Junie is vetkoeke by AgriMark Upington verkoop. R107 555 is ingesamel vir Leer & Leef Gemeenskapprojek, in samewerking met Upington Round Table 79.

Die laaste stilhouplek vir OFM op 1 Julie was by Empire Square SUPERSPAR. R147 067 is ingesamel is vir Engo se Welriedal Boys and Girls Home, Merafong Children’s Home en Welkom Youth Care Centre, in samewerking met Round Table 40 Welkom.

‘n Groottotaal van R450 000 is deur OFM en Round Table Southern Africa vir liefdadigheidsorganisasies in ons streek ingesamel!

Volgens Lindiwe Mtwentula, OFM-bemarkingsbestuurder, is “OFM baie trots daarop dat ons hierdie winter behoeftiges kon help. Ons doel is om die gemeenskappe waarna ons uitsaai, op te hef – in alles wat ons doen. Hierdie projek het die ontsaglike liefde van ons luisteraars en belanghebbendes getoon en hulle het saamgekom om terug te gee. Dankie.”

Vir meer inligting, kontak Lindiwe Mtwentula by 051 5050 900, 082 416 1665, of lindiwe@ofm.co.za.

Oor OFM
OFM, die Klank van Jou Lewe, is dié voorste kommersiële radiostasie in Sentraal-Suid-Afrika. OFM bied ‘n verskeidenheid musiek, nuus en vermaak. Die radiostasie vier in 2021 sy 35ste jaar in die bedryf.OFM is deel van Central Media Group, met sy hoofkantoor in Bloemfontein, en ‘n satellietateljee in Welkom.

Die radiostasie bedien die gegoede SEM 7-10 ekonomies-aktiewe mark met ‘n uitsaaigebied wat strek oor die Vrystaat, Noord-Kaap, Suid-Gauteng en Noordwes. OFM is sinoniem met die inwoners van Sentraal-Suid-Afrika en bedien die volledige spektrum van luisteraars, van stedelike werkende ma’s en pa’s tot professionele persone, asook landelike gemeenskappe en landbouprodusente. Die radiostasie het ‘n ongelooflike lojale en ondersteunende gehoor. OFM is een van die radiostasies met die mees lojale luisteraars ten opsigte van tyd bestee aan radio luister in Suid-Afrika. Dit is te danke aan die musiekaanbod van die radiostasie – soos om luisteraars die kans te gun om hul gunsteling-liedjies op die Request Network te speel en Sentraal-Suid-Afrika se 30 grootste treffers op die Central SA Top 30 af te tel.

OFM beskik oor verskeie nisprogramme – insluitend ‘n toegewyde landbouprogram met drie bykomende landbounuusbulletins per dag, asook ‘n program wat net fokus op sakenuus, met vier bykomende ekonomiese nuusbulletins deur die dag.

Sport lê na aan die hart van OFM-luisteraars en dit is wat baie van Sentraal-Suid-Afrika verenig. Die radiostasie is ‘n trotse vennoot, borg en ondersteuner van die Cheetahs-, Griekwas- en Luiperds-rugbyspanne.

OFM is verbind aan die “real good life” en om terselfdertyd Sentraal-Suid-Afrikaners te help om hul beste lewens te lei. Inisiatiewe soos Let’s Move – ‘n wedloop wat daarop fokus om die stigma van geestesgesondheid te breek – en Chip for Charity – Sentraal-Suid-Afrika se mees geliefde gholfdag vir 18 jaar – maak ‘n verskil in die lewens van die stasie se gemeenskap. Dit spreek van OFM se mantra van omgee en lewens verander.

You may also like